Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Afrikaanse Taal " deur J. LION CACHET
" Die Afrikaanse Taal " deur J. LION CACHET [boodskap #60669] |
Fri, 19 April 2002 23:02 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Die Afrikaanse Taal
J. Lion Cachet
(1838 - 1912)
Ek is 'n arme Boerenôi,
By vele min geag;
Maar tog is ek van edel bloed,
En van 'n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom
Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar die druiftros swel,
Myn liewe, mooie ma.
Hul skel my uit vir Hotnotsmeid,
Maar ek gee daar nie om;
Want aan my lippies kan jy sien
Van wat geslag ek kom.
Soet vloei die woordjies uit myn mond;
Dit het ek van myn ma;
Maar as ek bid, dan hoor jy wel,
Ek is 'n kind van pa.
Myn sussie wat uit Holland kom,
Die hou verniet haar groot:
Die lug is alte skerp vir haar,
Sy is al amper dood.
Die dokters kom nou bymekaar,
Hul maak tesaam 'n "Bond" ;
Maar tog met al die doktery
Word sy nooit weer gesond.
Myn niggie met haar stywe nek,
Die loop in rooi satyn;
En baing jonkmans loop haar na;
Sy denk hier baas te syn.
Maar as die awenduurtjie kom,
Dan is die klomp by my:
Dis "hartjie" voor en "hartjie" na:
" Laat ons 'n bietjie vry!"
As ek maar eers myn vryer het,
'n Digter vol van moed;
Een wat my om myself bemin,
En nie maar om my goed;
Wanneer dié vryer tot my kom,
Vat ek hom by die hand,
En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
Nog koning in die land.
Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog van myn ouma het,
en niemand weet daaraf.
Hef ek die staf op, " Moedertaal" ,
Dan volg die land my na:
En ek is netnou koningin
Van heel Suid-Afrika!
|
|
|
Re: " Die Afrikaanse Taal " deur J. LION CACHET [boodskap #60683 is 'n antwoord op boodskap #60669] |
Sat, 20 April 2002 06:55 |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Baie mooi en baie waar. Hilda.
schreef in bericht news:3CC0A269.30206@rogers.com...
> Die Afrikaanse Taal
> J. Lion Cachet
> (1838 - 1912)
>
> Ek is 'n arme Boerenôi,
> By vele min geag;
> Maar tog is ek van edel bloed,
> En van 'n hoog geslag.
> Uit Holland het myn pa gekom
> Na sonnig Afrika;
> Uit Frankryk, waar die druiftros swel,
> Myn liewe, mooie ma.
>
> Hul skel my uit vir Hotnotsmeid,
> Maar ek gee daar nie om;
> Want aan my lippies kan jy sien
> Van wat geslag ek kom.
> Soet vloei die woordjies uit myn mond;
> Dit het ek van myn ma;
> Maar as ek bid, dan hoor jy wel,
> Ek is 'n kind van pa.
>
> Myn sussie wat uit Holland kom,
> Die hou verniet haar groot:
> Die lug is alte skerp vir haar,
> Sy is al amper dood.
> Die dokters kom nou bymekaar,
> Hul maak tesaam 'n "Bond" ;
> Maar tog met al die doktery
> Word sy nooit weer gesond.
>
> Myn niggie met haar stywe nek,
> Die loop in rooi satyn;
> En baing jonkmans loop haar na;
> Sy denk hier baas te syn.
> Maar as die awenduurtjie kom,
> Dan is die klomp by my:
> Dis "hartjie" voor en "hartjie" na:
> " Laat ons 'n bietjie vry!"
>
> As ek maar eers myn vryer het,
> 'n Digter vol van moed;
> Een wat my om myself bemin,
> En nie maar om my goed;
> Wanneer dié vryer tot my kom,
> Vat ek hom by die hand,
> En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
> Nog koning in die land.
>
> Want ek het onder in myn kis
> 'n Ware towerstaf,
> Wat ek nog van myn ouma het,
> en niemand weet daaraf.
> Hef ek die staf op, " Moedertaal" ,
> Dan volg die land my na:
> En ek is netnou koningin
> Van heel Suid-Afrika!
>
|
|
|
Re: " Die Afrikaanse Taal " deur J. LION CACHET [boodskap #60699 is 'n antwoord op boodskap #60683] |
Sat, 20 April 2002 12:32 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> Baie mooi en baie waar. Hilda.
>> Myn sussie wat uit Holland kom,
>> Die hou verniet haar groot:
>> Die lug is alte skerp vir haar,
>> Sy is al amper dood.
>> Die dokters kom nou bymekaar,
>> Hul maak tesaam 'n "Bond" ;
>> Maar tog met al die doktery
>> Word sy nooit weer gesond.
Die gedig is natuurlik baie chauvinisties.
Dis ook 'n gedig geskryf in die middel van
'n politieke stryd. Wat hy hierbo oor
Nederlands sê, moet gesien word in die lig
daarvan. Hy praat natuurlik ook uitsluitlik
van Nederlands-soos-dit-in-SA-gepraat-was
in die negentiende eeu. Dié soort Nederlands
was al klaar nie meer die Nederlands van
Europa nie.
Wanneer hy van die "Bond" praat, praat hy
van 'n Bond gestig deur die aanhangers van
die beleid dat Nederlands en nie 'n nuwe taal
Afrikaans die offisiële taal van spesifiek die
Kaapkolonie moet bly. Hierdie stryd tussen die
aanhangers van Nederlands en van "Afrikaans"
was by tye baie fel. Dit het veral die kerk-
leiers verdeel, want daar was baie onder hulle
wat in die taal van die mense voor hulle wou
preek, maar nie toegelaat was nie.
Al hierdie dinge het nie so vreeslik lank
gelede gebeur nie. My oupa het nog die Bybel
gevat in Nederlands eb in sy geradbraakte Nederlands
probeer bid. Alhoewel my pa die Afrikaanse bybel
aan die einde van sy lewe gebruik het, het hy nog
altyd die geradbraakte Nederlandse gebed gebid
wanneer hy die seën oor die kos uitspreek. Ek neem
aan dat selfs iemand soos Wouter Plaasvark hierdie
soort dinge gehoor het toe hy 'n seuntjie was. Dit
is dus vir my snaaks dat hy so hatig is teen die
idee van na Nederlands luister. Ek het 'n suspisie
hy kom óf uit 'n familie wat voorstanders was van
die invoer van Afrikaans as voertaal, of anders kom
hy uit 'n etniese agtergrond wat geen sentiment vir
die Nederlandse agtergrond van Afrikaans het nie.
Gloudina
|
|
|
Re: " Die Afrikaanse Taal " deur J. LION CACHET [boodskap #60701 is 'n antwoord op boodskap #60699] |
Sat, 20 April 2002 12:55 |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek moet eerlik erken dat ek ook dink dat Afrikaans mooier klink as
Nederlands.
Natuurlik, of jy 'n taal mooi of lelik vind, is baie subjektief. As jy 'n
taal beter leer ken, lyk die taal ook mooier dink ek.
Ek het vir 'n rukkie (een jaar) Arabies gestudeer en toe klink die taal ook
skielik beter :-).
Hilda.
schreef in bericht news:3CC16045.7080809@rogers.com...
>
> Hilda wrote:
>
>> Baie mooi en baie waar. Hilda.
>
>
>>> Myn sussie wat uit Holland kom,
>>> Die hou verniet haar groot:
>>> Die lug is alte skerp vir haar,
>>> Sy is al amper dood.
>>> Die dokters kom nou bymekaar,
>>> Hul maak tesaam 'n "Bond" ;
>>> Maar tog met al die doktery
>>> Word sy nooit weer gesond.
>
>
> Die gedig is natuurlik baie chauvinisties.
> Dis ook 'n gedig geskryf in die middel van
> 'n politieke stryd. Wat hy hierbo oor
> Nederlands sê, moet gesien word in die lig
> daarvan. Hy praat natuurlik ook uitsluitlik
> van Nederlands-soos-dit-in-SA-gepraat-was
> in die negentiende eeu. Dié soort Nederlands
> was al klaar nie meer die Nederlands van
> Europa nie.
> Wanneer hy van die "Bond" praat, praat hy
> van 'n Bond gestig deur die aanhangers van
> die beleid dat Nederlands en nie 'n nuwe taal
> Afrikaans die offisiële taal van spesifiek die
> Kaapkolonie moet bly. Hierdie stryd tussen die
> aanhangers van Nederlands en van "Afrikaans"
> was by tye baie fel. Dit het veral die kerk-
> leiers verdeel, want daar was baie onder hulle
> wat in die taal van die mense voor hulle wou
> preek, maar nie toegelaat was nie.
> Al hierdie dinge het nie so vreeslik lank
> gelede gebeur nie. My oupa het nog die Bybel
> gevat in Nederlands eb in sy geradbraakte Nederlands
> probeer bid. Alhoewel my pa die Afrikaanse bybel
> aan die einde van sy lewe gebruik het, het hy nog
> altyd die geradbraakte Nederlandse gebed gebid
> wanneer hy die seën oor die kos uitspreek. Ek neem
> aan dat selfs iemand soos Wouter Plaasvark hierdie
> soort dinge gehoor het toe hy 'n seuntjie was. Dit
> is dus vir my snaaks dat hy so hatig is teen die
> idee van na Nederlands luister. Ek het 'n suspisie
> hy kom óf uit 'n familie wat voorstanders was van
> die invoer van Afrikaans as voertaal, of anders kom
> hy uit 'n etniese agtergrond wat geen sentiment vir
> die Nederlandse agtergrond van Afrikaans het nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: " Die Afrikaanse Taal " deur J. LION CACHET [boodskap #60725 is 'n antwoord op boodskap #60701] |
Sat, 20 April 2002 18:43 |
Michel Martens
Boodskappe: 126 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hilda" schreef op Sat, 20 Apr 2002 12:55:24 GMT in
nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans:
> Ek moet eerlik erken dat ek ook dink dat Afrikaans mooier klink as
> Nederlands.
> Natuurlik, of jy 'n taal mooi of lelik vind, is baie subjektief. As jy 'n
> taal beter leer ken, lyk die taal ook mooier dink ek.
> Ek het vir 'n rukkie (een jaar) Arabies gestudeer en toe klink die taal ook
> skielik beter :-).
> Hilda.
>
Raar is dat Hilda, ik heb nog maar een week geleden dezelfde ervaring
gehad. Ik kende Arabisch slechts uit de (waarschijnlijk Berberse)
keelklanken van de allochtonen op tram of bus hier in Antwerpen. Maar
vorige week ontdekte ik een webstek met veeltalige poëzie, waaronder
het Arabisch. Een Iraakse dichteres leest uit eigen werk en ik moet
toegeven dat het een mooie klankrijke taal is. Maar er bestaan
natuurlijk ook vele schakeringen in het Arabish. Waarschijnlijk hoor
je hier het klassieke Arabisch. Als het je interesseert:
http://www.lyrikline.org/
Er zijn ook twee Nederlandsalige dichters bij, een Nederlander en een
Vlaming. Ik ben er zeker van dat een niet-moedertaalspreker van het
Nederlands geen verschil hoort. Jammer dat er geen Afrikaanse dichter
bijstaat.
--
Groeten,
Michel.
|
|
|
Alweer verkeerd [boodskap #60732 is 'n antwoord op boodskap #60699] |
Sat, 20 April 2002 23:34 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Al hierdie dinge het nie so vreeslik lank
gelede gebeur nie. My oupa het nog die Bybel
gevat in Nederlands eb in sy geradbraakte Nederlands
probeer bid. Alhoewel my pa die Afrikaanse bybel
aan die einde van sy lewe gebruik het, het hy nog
altyd die geradbraakte Nederlandse gebed gebid
wanneer hy die seën oor die kos uitspreek. Ek neem
aan dat selfs iemand soos Wouter Plaasvark hierdie
soort dinge gehoor het toe hy 'n seuntjie was. Dit
is dus vir my snaaks dat hy so hatig is teen die
idee van na Nederlands luister. Ek het 'n suspisie
hy kom óf uit 'n familie wat voorstanders was van
die invoer van Afrikaans as voertaal, of anders kom
hy uit 'n etniese agtergrond wat geen sentiment vir
die Nederlandse agtergrond van Afrikaans het nie.
Wouter
Soos gewoonlik is jy totaal verkeerd, Gloudina. Ek is
nie "hatig teen die idee om na Nederlands te luister" nie,
ek doen dit soms heel vrywillig deur na Nederlandse TV
te kyk. Ek hou wel nie daarvan om dit te lees nie, dit neem
te veel inspanning en frustreer my omdat ek altyd dele
daarvan nie kan verstaan nie.
Ek het ook nooit Nederlands as kind gehoor nie. My ma
en haar voorsate kom uit die Karoo en hulle het in
Afrikaans gepraat en gebid. My pa kom uit die Suid-Kaap
en sy pa was 'n Berlynse sendeling, wat in Afrikaans en
Duits gebid het en Afrikaans gepraat het. Snaaksgenoeg
was my "Duitse" pa baie meer ernstig oor Afrikaans as my
boerema. Taal was egter nooit 'n kwessie in ons huis nie en die
enigste etniese anti-sentiment was teen die Engelse wat my
oupa in die WO1 geïnterneer het terwyl my pa 'n pap baba
was en my ma se familie in die Vryheidsoorlog doodgemaak
en in konsentrasiekampe verniel het.
|
|
|
Re: Alweer verkeerd [boodskap #60734 is 'n antwoord op boodskap #60732] |
Sun, 21 April 2002 00:21 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
My pa kom uit die Suid-Kaap
> en sy pa was 'n Berlynse sendeling, wat in Afrikaans en
> Duits gebid het en Afrikaans gepraat het. Snaaksgenoeg
> was my "Duitse" pa baie meer ernstig oor Afrikaans as my
> boerema. Taal was egter nooit 'n kwessie in ons huis nie en die
> enigste etniese anti-sentiment was teen die Engelse wat my
> oupa in die WO1 geïnterneer het terwyl my pa 'n pap baba
> was
Wouter, ek is baie geinteresseerd in jou
herkoms aan vaderskant. Waar was die Berlynse
sendelinge se sendingvelde in die Boland? En
in watter sin het hulle verskil van die
Morawiese sendelinge wat, as ek reg onthou,
by sulke plekke soos Wupperthal gewerk het.
Ek lees nou die dag oor die agtergrond van
die Morawiese kerk in Europa, en verbaas my
toe oor hulle werklik rewolusionêre idees.
Hulle leier het glo dinge voorgestaan wat
baie lyk na die seksuele tantras van die
Hindoes.
Gloudina
|
|
|
Berlynse Sendelinge [boodskap #60751 is 'n antwoord op boodskap #60734] |
Sun, 21 April 2002 08:45 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter Plaasvark wrote:
My pa kom uit die Suid-Kaap
> en sy pa was 'n Berlynse sendeling, wat in Afrikaans en
> Duits gebid het en Afrikaans gepraat het. Snaaksgenoeg
> was my "Duitse" pa baie meer ernstig oor Afrikaans as my
> boerema. Taal was egter nooit 'n kwessie in ons huis nie en die
> enigste etniese anti-sentiment was teen die Engelse wat my
> oupa in die WO1 geïnterneer het terwyl my pa 'n pap baba
> was
Gloudina
Wouter, ek is baie geinteresseerd in jou
herkoms aan vaderskant. Waar was die Berlynse
sendelinge se sendingvelde in die Boland?
Wouter
Ek weet nie of en waar hulle in die Boland was nie. My oupa
was aanvanklik in Masjonoland (Zimbabwe) en is amper daar
dood agv swartwaterkoors. Hy is toe na Herbertsdale gestuur
om 'n nuwe sendingstasie te begin, daar staan vandag nog 'n
klipkerk wat hy saam met sy gemeentelede (kleurlinge) gebou
het. Hy het later 'n pastorie op die buurdorp Mosselbaai gekry
en tot sy dood (hy was toe 94) daar gebly. Hy was dus die hele
tyd in die Suid-Kaap, nooit in die Boland nie.
Gloudina
En in watter sin het hulle verskil van die
Morawiese sendelinge wat, as ek reg onthou,
by sulke plekke soos Wupperthal gewerk het.
Wouter
Dit weet ek ongelukkig ook nie, ek ken nie die Morawiërs nie.
Maar die Berlynse kerkleër was so naby aan dié van die NG
dat my oupa se kinders almal in die NG Kerk aangeneem is.
My oupa het ook soms vir NG-gemeentes gepreek. Sy een
seun het 'n NG-sendeling geword, hy was ook later moderator
van die ou NG Bantoekerk.
|
|
|
Re: Berlynse Sendelinge [boodskap #61019 is 'n antwoord op boodskap #60751] |
Thu, 25 April 2002 09:34 |
Johnnie
Boodskappe: 36 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
>
> Gloudina
> En in watter sin het hulle verskil van die
> Morawiese sendelinge wat, as ek reg onthou,
> by sulke plekke soos Wupperthal gewerk het.
>
> Wouter
> Dit weet ek ongelukkig ook nie, ek ken nie die Morawiërs nie.
> Maar die Berlynse kerkleër was so naby aan dié van die NG
> dat my oupa se kinders almal in die NG Kerk aangeneem is.
> My oupa het ook soms vir NG-gemeentes gepreek. Sy een
> seun het 'n NG-sendeling geword, hy was ook later moderator
> van die ou NG Bantoekerk.
Sover ek weet het die Berlynse Sending later opgegaan in die NG
Sendingkerk en in die NG Bantoekerk.
Dit is baie interessant hoe van die Duitse gewoontes nog bly
voortbestaan het in die NG kerke. Op Carnarvon byvoorbeeld het hulle
al die jare [en dalk nou nog] 'n regte Duitse blaasorkes gehad wat
gespeel het in die kerk. Die gemeentelede het geen herinnering meer
gehad van die Duitse wortels nie, maar die gebruike was nog daar.
Johnnie
|
|
|
Re: Berlynse Sendelinge [boodskap #61021 is 'n antwoord op boodskap #61019] |
Thu, 25 April 2002 10:10 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat presies bedoel jy met 'n Duitse blaasorkes Johnnie?
Soos 'n Oompah-band?
Of trek hulle net snaaks aan?
Annette
Johnnie wrote in message
news:c97aae43.0204250134.26c25373@posting.google.com...
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
news:...
>>
>> Gloudina
>> En in watter sin het hulle verskil van die
>> Morawiese sendelinge wat, as ek reg onthou,
>> by sulke plekke soos Wupperthal gewerk het.
>>
>> Wouter
>> Dit weet ek ongelukkig ook nie, ek ken nie die Morawiërs nie.
>> Maar die Berlynse kerkleër was so naby aan dié van die NG
>> dat my oupa se kinders almal in die NG Kerk aangeneem is.
>> My oupa het ook soms vir NG-gemeentes gepreek. Sy een
>> seun het 'n NG-sendeling geword, hy was ook later moderator
>> van die ou NG Bantoekerk.
>
> Sover ek weet het die Berlynse Sending later opgegaan in die NG
> Sendingkerk en in die NG Bantoekerk.
>
> Dit is baie interessant hoe van die Duitse gewoontes nog bly
> voortbestaan het in die NG kerke. Op Carnarvon byvoorbeeld het hulle
> al die jare [en dalk nou nog] 'n regte Duitse blaasorkes gehad wat
> gespeel het in die kerk. Die gemeentelede het geen herinnering meer
> gehad van die Duitse wortels nie, maar die gebruike was nog daar.
>
> Johnnie
|
|
|
Re: Berlynse Sendelinge [boodskap #61038 is 'n antwoord op boodskap #61019] |
Thu, 25 April 2002 13:18 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
> Dit is baie interessant hoe van die Duitse gewoontes nog bly
> voortbestaan het in die NG kerke. Op Carnarvon byvoorbeeld het hulle
> al die jare [en dalk nou nog] 'n regte Duitse blaasorkes gehad wat
> gespeel het in die kerk. Die gemeentelede het geen herinnering meer
> gehad van die Duitse wortels nie, maar die gebruike was nog daar.
Toe ek vir die eerste keer met die Amerikaanse
gewoonte om blaasorkeste vir alles en nog wat te
gebruik (soos by halftyd by voetbalwedstryde)
het ek dit vreemd en effens "common" gevind. Dis
eers later dat ek besef het dat die Amerikaners
swaar beinvloed is deur gewoontes en gedagtegange
uit Sentraal-Europa (nie eintlik spesifiek Duits
nie.) As jy in Sentraal-Europa toer, kom jy tien
teen een op 'n blaasorkessie af wat deur die strate
marsjeer om een of ander ding te herdenk of te vier.
Dis nie alleen die musiek nie. Die gewoonte om
alles te vergroot en te spog met jou herkoms en
hoe ryk jou familie is, wat 'n sekere soort Amerikaner
gereeld doen, is myns insiens van Slawiese oorsprong.
En as jy wil sien hoeveel Amerikaners se herkoms is
uit Sentraal-Europa, kyk maar by die krediete vir
films en ander TV programme.
Gloudina
|
|
|
Re: Berlynse Sendelinge [boodskap #61061 is 'n antwoord op boodskap #61019] |
Thu, 25 April 2002 20:41 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> Gloudina
>> En in watter sin het hulle verskil van die
>> Morawiese sendelinge wat, as ek reg onthou,
>> by sulke plekke soos Wupperthal gewerk het.
Johan:
Die Morawiese sending het in 1722 te Herrnhut Duitsland tot stand gekom toe
dit as broederskap georganiseer is deur Graaf Ludwig von Zinzendorf. Hulle
het George Schmidt in 1735 na die Kaap gestuur. Hier gekom is die beginsel
van cuius regio, eius religio aan hom verduidelik. Dit sou beteken dat aan
die Kaap mense nie in `n ander kerk as die NGK gedoop kon word nie en wel
deur predikante van die Kerk Baie van die koloniste het Schmidt as `n
indringer beskou en was sy werk nie goedgesind nie, omdat hulle bang was dat
sy stasie `n toevlugsoord van diewe en moordenaars sou word. Teen die
einde van die 18de eeu het die beginsel van cuius regio euis religio begin
verval. In 1780 het die Lutherse Kerk `n eie gemeente gestig. Die
Morawiërs het met die VOC onderhandel en toestemming ontvang om sendelinge
na gebiede te stuur waar nog geen Christelike gemeente bestaan het nie.
Deur die toedoen van ds MC Vos en die sendingywer van Mathilda Smith het die
verhouding tussen die Kaapse predikante en die Morawiërs verbeter. Die
vermoë van die Morawiërs om die Hottentotte selfwerksaamheid aan te leer,
het die wantroue van die koloniste laat verminder. Teen 1840 was daar sewe
sendingstasies en 4500 lidmate van die Morawiese Kerk.
Die Berlynse sendinggenootskap is in 1824 gestig en het in 1830 `n
opleidingskool vir sendelinge geopen. Hul eerste vyf sendelinge het in 1834
(dus 100jaar na die Morawiërs) in die Kaap gekom met hul eerste
sendingstasie Bethanie (naby die huidige Edenburg). In die volgende 15 jaar
is hulle egter yl versprei as gevolg van verskeie faktore soos nomadiese
bestaan en oorloë tussen die inboorlinge. Hul het hul toe gewend na
Transvaal.
Die Boere van Transvaal het `n groot afkeer gehad van Engelse sendelinge.
Hulle was egter nie ongeneë om die Duitse sendelinge in Transvaal toe te
laat nie. Die gevolg was dat die Berlynse Sendinggenootskap in die
Noord-Transvaal gevestig is.
Vanaf 1865 is daar gereeld Sendingkonferensies gehou wat bygewoon is deur
Rynse, Berlynse, Londense, NG en Morawiese sendelinge. In 1872 is die
konferensies oopgestel vir alle kerke en sendinggenootskappe. Dit was die
voorloper vir die Christelike Raad van Suid-Afrika en het ook gehelp dat die
buitelandse sendingstasies later opgegaan het in die NGK se sendingaksies.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 13:04:51 UTC 2024
|